Mercury-prys
| ||
Toegeken vir | Beste album uit die Verenigde Koninkryk en Ierland | |
Land | Verenigde Koninkryk | |
Eerste toekenning | 1992 | |
Webtuiste | mercuryprize.com |
Die Mercury-prys (Engels: Mercury Prize), voorheen bekend as die Mercury-musiekprys en tans om borgskapredes as die Barclaycard Mercury-prys, is ’n jaarlikse musiekprys vir die beste album uit Verenigde Koninkryk en Ierland. Dit is in 1992 tot stand gebring as ’n alternatief vir die Brit Awards. Die pryse is aanvanklik geborg deur Mercury Communications, vandaar die naam,[1] toe deur verskeie ander maatskappye en van Maart 2009 af deur Barclaycard.[2]
Enige album wat deur ’n Britse of Ierse musikant uitgereik word of deur ’n groep waarvan meer as 50% van die lede Brits of Iers is, kan deur hul musiekmaatskappy aanbeveel word vir die prys.